Welkom by
Seejol 2026
26 Junie – 5 Julie
Lig in elke draai
Seejol is meer as net ’n kamp — dit is ’n ervaring van avontuur, groei en vriendskap langs die see.
Wat is Seejol?
Seejol is ’n nasionale Voortrekkerkamp waar jongmense saamkom vir ’n week van avontuur, kursusse, spanwerk en geloofsgroei.
Seejol 2026 bou voort op ’n trotse nalatenskap en skep ruimte vir nuwe vriendskappe, vaardighede en herinneringe wat ’n leeftyd hou.
Wanneer: 26 Junie – 5 Julie 2026 (met reis tyd na en vanaf Mosselbaai)
Waar: De Bakke Santos, Mosselbaai
Vertrekpunt: Hoërskool Waterkloof, Pretoria
Eerste Stop: Beyers Naude, McDonalds
Tweede Stop: Vaal Plaza, Truck Stop
Derde Stop: Kroonstad, Shell UltraCity
Vierde Stop: Welkom, McDonalds by Goldfields Mall
Vyfde Stop: Shell Ultra City, Bloemfontein
Aankoms by die Kamp: Saterdag 27 Junie 2026 – vroeg middag (13:00-15:00)
Hier is 'n oorsig van die kostes vir die kamp om julle te help om julle reis te beplan:
Matrose (Verkenners) :
Alle Matrose – R3350
Offisiere :
Offisiere Kursus – R2000
Diens Offisiere – R1500
Kombuis – R800
Seeskilpadjies – R1500 (Selgs offisiere se kinders 4-11 jaar)
Staatmaker (19 – 24) :
Dekhande – R1500














