Inskrywings is oop

Maak seker jou plek is bespreek!

Plekke is beperk en gewild — maak seker jy skryf betyds in en begin jou Seejol-avontuur vandag.

Kampbrief 2026​

Elke Seejol avontuur begin met ’n kampbrief. Hier vind jy alles wat jy moet weet — van datums en reëlings tot wat om in te pak vir die reis.

Maak seker jy lees dit deeglik deur, want elke goeie ontdekkingsreis begin met goeie voorbereiding.

Alle inskrywings vind plaas deur SAS, dus moet almal ‘n ingeskrewe lid wees van die Voortrekkers. Indien jy nie ‘n lid is nie, kan jy op die volgende skakel klik om deel te word van Die Voortrekkers:

Belangrike inligting​

✔ Plekke is beperk en word op 'n eerste-kom-eerste-bedien basis gevul.

✔ Alle betalings moet betyds voltooi word om jou plek te verseker.

✔ Verdere kampinligting sal na die inskrywing gedeel word.

Betalings

Kampgelde kan betaal word op die volgende maniere:

1. ‘n Direkte betaling (EFT) kan gemaak word:

Bankbesonderhede:

Bank: Investec

Rekening naam: Seejol_Die Voortrekkers

Tipe Rekening: Tjekrekening

Rekening nommer: 50022912219

Takkode: 580105

Verwysing: Lid nommer & Divisie/Kursus  (Voorbeeld - 199662_Branderbrekers)

Epos POP na: seejol@voortrekkers.co.za

2. ‘n Direkte betaling (EFT) Afbetaling per maand kan gemaak word. Hier is die volgende opsies:

Opsie 1:

Julle kan die kamp afbetaal oor die volgende 3 maande: Maart - R 1170 , April - R 1170, Mei - R 1010

OF

Opsie 2:

Julle kan die kamp afbetaal oor die volgende 2 maande: April - R 1675 , Mei - R 1675

OF

3. Betaal aanlyn (aanbeveel)​

Jy kan nou jou kampgelde veilig en maklik aanlyn betaal deur ons Seejol Winkel.

Inskrywings is oop! ​

Indien jy wil inskryf na 31 Mei 2026, gaan daar ‘n administrasie fooi van R200 gehef word. Alle uitstaande gelde moet ten volle betaal wees teen 19 Junie 2026. Indien daar enige kanselasies is ‘n maand voor die kamp, sal geen kampgelde terug betaal word nie.